Vrou verskyn oor oorskot van babadogtertjie op Walvis

‘n 31-jarige vrou sal na verwagting vandag in die hof op Walvisbaai verskyn nadat die oorskot van ‘n pasgebore baba in die bosse by Diaz-sirkel op die dorp gevind is. Die lyk van babadogtertjie is ontdek deur verbygangers wat haar in ‘n plastieksak gevind, toegedraai in ‘n handdoek. Inspekteur Ileni Shapumba het meer.