Openbare deelname goedgekeur vir behuisingsprojekte in Kaapstad

Die Stad Kaapstad se raad het goedkeuring gegee vir die openbare-deelnameproses oor die oprigting van meer as 700 behuisingseenhede in die stad se sentrale gebied. Die stad se woordvoerder, Malusi Booi, sê al die voorgestelde grond in Nuwemarkstraat in sentraal-Kaapstad sluit sowat 365 eenhede vir die gemengde mark en 165 maatskaplike behuisingseenhede in. Hy sê die Pickwick-eiendom in Soutrivier bestaan uit ‘n ontwikkeling van 1 800 eenhede wat sowat 600 maatskaplike behuisingseenhede insluit.