Vermeende parlement-brandstigter se borgtogverhoor vandag aangehoor

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal betoë aanhoor in die borgtogaansoek van Zandile Mafe wat beskuldig word dat hy die parlementsgebou aan die brand gesteek het. Hy staar aanklagte van huisbraak met die doel om terrorisme en brandstigting te pleeg, diefstal asook twee aparte aanklagte van brandstigting en terrorisme in die gesig. Mafe het appelleer teen die Kaapstadse streekshof se besluit om hom borgtog te weier, maar twee regters het tot ‘n ander slotsom gekom. Daarom word die saak vandag weer aangehoor en wel deur drie regters.