Openbare Beskermer se Kaapstad-kantoor brand

‘n Pakkamer en dokumente is beskadig nadat ‘n brand vanoggend by die kantoor van die Openbare Beskermer in Waalstraat, Kaapstad, ontstaan het. ‘n Woordvoerder van die brandweer- en reddingsdienste in die stad, Jermaine Carelse, sê hulle het vanoggend nege-uur op ‘n noodoproep gereageer en teen tien-uur was die brand op die vierde verdieping van die gebou geblus. Die gebou is ontruim terwyl lede van die brandweerstasie in Roelandstraat die brand onder beheer gebring het. Een persoon is weens rookinaseming behandel.