14 terroriste in Mosambiek doodgeskiet – Rwanda weermag

Rwanda sê sy troepe het 14 terroriste in Mosambiek doodgeskiet. Die land het 1 000 troepe in die Cabo Delgado-streek in die noorde van Mosambiek ontplooi as deel van die SAOG-poging om ekstremiste, verbond aan die Islamitiese Staat in die land te stuit. Die Rwandese weermag se woordvoerder Ronald Rwivanga het aan media gesê dat gevegte tussen 24 en 28 Julie plaasgevind het. Een Rwandese soldaat is beseer. Ongeveer 800 000 inwoners van die gebied is sedert die geweld begin het, ontwortel.