Oos-Kaap nou Covid brandpunt

Die DA in die Oos-Kaap het sy kommer uitgespreek oor die skerp styging in Covid-19-infeksies in die provinsie. Die jongste syfers toon ses van die agt distrikte het meer as 20 gevalle per 100-duisend van die bevolking aangemeld. Jane Cowley van die DA sê hoewel die toetsing van mense verbeter het, slaag die Departement van Gesondheid glad nie daarin om mense op te spoor wat in noue kontak was met mense wat die virus onder lede het nie: