Oorstromings lê Oman, Dubai lam

Die Verenigde Arabiese Emirate het onder stortreën en oorstromings deurgeloop. Die regering sê dit was die hoogste reënval die afgelope 75 jaar toe meer as 142-millimeter reën in 12 uur in Dubai geval het. Die Dubai Internasionale Lughawe wat onlangs bekroon is as die tweede besigste lughawe ter wêreld, moes vliegtuie herlei omdat sy aanloopbaan onder water was. Die spog-winkelsentrums, Dubai Mall en Mall of the Emirates, is beide oorstroom.  Die VAE-regering sê die reën was ʼn ongewone gebeurtenis.