Bokke speel 10 Augustus eerste Rugbykampioenskapswedstryd

Springbok-ondersteuners sal baie vroeg moet opstaan om te kyk hoe hulle helde die Wallabies op 10 Augustus pak in ‘n Rugbykampioenskapstoets in Brisbane. Die wedstryd skop kwart-voor-sewe, Suid-Afrikaanse tyd, af. Die twee lande stamp ‘n week later weer in Perth koppe. Die wêreldkampioene speel op die 31ste teen die All Blacks op Ellispark, en ‘n week later in Kaapstad. Die Bokke en Argentinië meet op 21 September kragte in Santiago, en op die 28ste in Mbombela.