Oorlog kan nie vir alles die skuld kry nie

Die jaarlike CBI beleggings en besigheidskonferensie is tans in Londen aan die gang. Die Verenigde Koninkryk gaan gebuk onder erge ekonomiese uitdagings met baie hoë inflasie en ‘n energiekrisis as gevolg van sanksies teen Rusland oor sy oorlog in die Oekraïne. Die leier van die opposisie, die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die Tories kan nie alles op die oorlog blameer nie.