Indonesië: Dodetal styg tot 268

Die dodetal na Maandag se aardbewing op die Indonesiese eiland Java het gestyg tot 268, met talle slagoffers wat volgens berigte kinders is. Die aardbewing het 5,6 gemeet toe dit ‘n bergagtige gebied getref en grondverskuiwings veroorsaak het, wat hele dorpe begrawe het. Plaaslike owerhede sê meer as 1 000 mense is beseer, sowat 22 000 huise is beskadig en byna 60 000 mense het na skuilings gevlug. President Joko Widodo het die rampgebied besoek waar honderde reddingswerkers steeds op soek is na oorlewendes.