Gauteng-gesondheid kry interdik teen stakende werkers

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het in die Johannesburgse Arbeidshof ‘n interdik gekry wat stakende vakbondwerkers verbied om gesondheidsdienste te belemmer. Vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 10 persent. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die interdik sluit in dat die polisie opdrag kry om die departement waar nodig by te staan om die tussentydse bevel toe te pas. Hy sê die bevel bly van krag hangende die volgende hofdatum op 1 Maart volgende jaar: