Ooreenkoms vir Swartsee-graanuitvoere verleng vir twee maande

Die Swartsee-graanooreenkoms is vir ‘n verdere twee maande verleng tot 18 Julie. Die ooreenkoms, wat graanuitvoere vanaf die Oekraïne toelaat en voedselsekerheid regoor die wêreld, sowel as pryse, bestendig hou, sou vandag verval het. Weereens het Turkye na vore getree en saam met verteenwoordigers van die Oekraïne, Rusland en die Verenigde Nasies, ‘n ooreenkoms beklink. Rusland het verskeie eise gestel wat uitvoere van sy graan en kunsmis insluit. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres, het die verlenging verwelkom.