Drie vroue gewelddadig aangeval deur familielid in Klein Windhoek

‘n Gewelddadige toneel het homself omstreeks half-agt Woensdagaand in Klein Windhoek uitgespeel. Drie vroue is deur ‘n familielid met ‘n skerp voorwerp gesteek. Mediese hulp moes dringend ingeroep word om te verhoed dat die moeder, wat ook aangeval is, doodbloei. G4S is geloof vir sy vinnige optrede wat toegelaat het dat die verdagte in hegtenis geneem is. Francois Lottering, wat op die toneel was, sê die buurman het onraad vermoed en hulp ingeroep.