Ons sal Van Wyk se aantygings ondersoek

Reaksie word ontvang op aantygings wat die Burgemeester van Rehoboth teen van die dorp se raadslede en personeellede gemaak het. Rudi van Wyk wil hê die Teenkorrupsie-kommissie moet ondersoek instel. Die Direkteur-Generaal van die kommissie Paulus Noa, sê Van Wyk het die klagte aan almal gestuur en die besluit bevraagteken…

Maar hy sê daar sal wel ondersoek ingestel word en Van Wyk het ook vrae om te beantwoord.