Ongwediva sal ook begin dienste sny

Die Ongwediva Dorpsraad het aangekondig dat sy beleid oor kredietbeheer weer op 10 Mei geïmplementeer sal word, meer as ‘n jaar nadat dit verslap is as gevolg van Covid. Volgens ‘n verklaring sal kliënte met uitstaande skuld se dienste opgehef word. Die dorpsraad sê, nes talle ander rade regoor die land, dat mense eenvoudig opgehou het om te betaal. Die voorsiening van water, soos deur die regering daargestel, plaas Ongwediva in ‘n kwesbare posisie omdat wanbetaling verhoed dat die dorpsraad sy infrastruktuur kan onderhou. Inwoners word uitgenooi om reëlings te tref om die opskorting van dienste te vermy.