Jongste oor wildlewe misdaad

Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het die jongste wildlewe misdaad verslag bekend gestel. Daar is tussen 19 en 25 April 5 nuwe sake geregistreer met 6 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Geen gevalle van renosterstropery is aangemeld nie maar, twee olifanttande is gekonfiskeer. Vyf lyslang velle en 1 lyslang is gevind. Daar is ook beslag gelê op ‘n luiperdvel en ‘n impala-karkas. Die gevalle het almal in die noorde plaasgevind.