Ongwediva-handelskou in Augustus

Die jaarlikse Ongwediva-handelskou vind vanjaar van 26 tot 31 Augustus plaas. Weens die Covid-pandemie is die skou van nege na ses dae verkort. Die tema vanjaar is “Gearing for a smart economy”. Uitstallers het die keuse om hul produkte en dienste op die skougronde óf virtueel via ‘n webtuiste uit te stal. Ongwediva se woordvoerder, Jackson Muma, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.