Navorsing oor sagtevrugte by Maties

Suid-Afrikaanse ondernemings in die vrugtebedryf is van mening die skepping van die nuwe leerstoel in Na-oes Tegnologie Navorsing in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch, sal kennis rakende die hantering van sagtevrugte verbreed. Die leerstoel se bedrywighede word gelei deur ‘n senior dosent aan die departement tuinwetenskap, Elke Crouch. Sy sê hulle sal maniere soek om ná afloop van die oes die gehalte van vrugte te behou totdat dit gereed is vir die verbruiker en om hierdie rede is samewerking noodsaaklik.