Karibib-inwoners oorhandig petisie aan Navachab-goudmyn

Inwoners van Karibib, Usakos en omliggende nedersettings in die Erongo-streek het ‘n petisie aan die Navachab-goudmyn by Karibib oorhandig. Hulle is ontevrede oor die werwing van 60 masjienoperateurs by die goudmyn. Volgens ‘n gemeenskapsleier van Karibib, Raymond Tjiuongua, is die aansoekers waarmee onderhoude gevoer is, nie van die Erongo-streek nie, maar van die verre noordelike en suidelike streke. Hy wonder ook of van die menslike hulpbronne-beamptes omgekoop is. Die groep eis in die petisie vir die onmiddellike verwydering van sommige bestuurspersoneel. Raymond Tjiuongua het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.