Ongwediva gaan digitaal

Die Ongwediva dorpsraad begin om sy stelsels elektronies aan te pas en sal voortaan nie meer rekenings deur die pos stuur nie maar eerder, deur middel van epos of SMS dit aanstuur. Die stelsel sal ingefaseer word tot 1 Julie vanjaar wanneer daar nie meer van die posdiens gebruik gemaak sal word nie. Inwoners word gevra om die kantore te besoek en besonderhede te bevestig. Epos-adresse en selfoonnommers is nodig. Ter selfde tyd sal amptenare vanaf 1 Maart tot 31 Mei inwoners besoek om inligting in te vorder sodat die stelsel aangepas kan word.