Ongeënt? Jy mag nie inkom nie! Kenner sê oor die beleid

Daar is berigte dat sekere besighede toegang weier vir persone wat nie teen Covid ingeënt is nie. Die kwessie raak baie ingewikkeld en is reeds die oorsaak van verskeie protesaksies regoor die wêreld. Namibië het nog nie begin gesprek voer oor gedwonge inentings nie maar daar is volgens kenners ‘n fyn lyn tussen jou eie reg en die skending van die regte van ander. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Toni Hancox, direkteur by die Namibiese Regshulpsentrum…