Tucna sê skole moes toe gebly het

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het sy kommer uitgespreek oor stygende positiewe Covid-gevalle onder leerders. Gister het hy aangekondig dat die 98 leerders wat positief getoets het, verteenwoordig 53 persent van alle positiewe gevalle. Tien onderwysers het ook positief getoets. Die sekretaris-generaal van die Namibiese onderwysersvakbond, Tucna, Mahongoro Kavihuha, sê dat hy bekommerd is oor hul lede en leerders. Hy sê die besluit om leerders terug te stuur skool toe, was nie ‘n goed deurdagte besluit nie.