Onderwysers moet voorkom dat leerders baklei

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het gevra meer veiligheidsmaatreëls moet by Hoërskool Geluksdal in Brakpan aangebring word. Dit volg nadat ‘n graad tien-leerder met ‘n mes doodgesteek is toe drie leerders handgemeen geraak het. Chiloane het vandag op die skoolterrein gepraat en gesê onderwysers moet ook ‘n aktiewe rol in die voorkoming van ‘n bakleiery in skole speel.