Arbeidskwessie van Southern Cross Sekuriteitsdienste opgelos

Aktivis Michael Amushelelo het bevestig dat die arbeidskwessie tussen Southern Cross Sekuriteitsdienste en ‘n groep werkers opgelos is. Die werkers het Donderdag besluit om nie te gaan werk nie en sommige het beweer dat hulle nie betyds betaal word nie. Amushelelo het gesê hy is beïndruk met die werkers se vergoeding, vergeleke met dié van ander sekuriteitsmaatskappye.

Johan Janeke, hoof uitvoerende beampte van Southern Cross Sekuriteitsdienste sê dis jammer dat die kwessie nie op ‘n vroeëre stadium uitgesorteer kon word nie.