Rugby: Talle veranderings aan Stormers

Rugby: Verskeie veranderings is aan die Stormers se span gemaak vir die kragmeting môre in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Haaie in Durban. Flank, Deon Fourie, is terug en voer die span aan. Haker Joseph Dweba, stut Neethling Fouche en slot Gary Porter is ook terug met Marcel Theunissen as die agsteman en Junior Pokomela op toekant-flank. In die agterlyn keer vleuel Seabelo Senatla terug ná ʼn besering terwyl heelagter Clayton Blommetjies, die binnesenter, Dan du Plessis, losskakel Manie Libbok en skrumskakel Herschel Jantjies almal óók in die beginspan is.