Ondersoek toon reeds korrupsie, hoekom is Tembisa-baas nog daar?

Die DA in die buurland vra vir die onmiddellike skorsing van die uitvoerende hoof van die Tembisa-hospitaal, Ashley Mthunzi. Hy het na bewering betalings aan meer as 200 maatskappye afgeteken wat deur die vermoorde fluitjieblaser, Babita Deokaran, as moontlik bedrieglik geïdentifiseer is. Jack Bloom van die DA sê volgens ’n ondersoek verlede week het die hospitaal byna 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal aan vals maatskappye wat deur vier mense beheer is: