Onwettige heinings in Otjozondjupa ruk hand-uit

Volgens James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, is een van die uitdagings in die streek onwettige omheinings. Hy sê dit is ‘n voortdurende probleem waarmee die streek te kampe het. In 2021 het die Presidensiële Kommissie vir Eise van Voorvaderlike Grondregte ernstige kommer uitgespreek oor voorvalle van onwettige omheinings in kommunale gebiede. Volgens statistieke wat tydens die Tweede Nasionale Grondkonferensie in 2017 aangebied is, was Ohangwena boaan die lys met 107 gevalle van onwettige omheinings wat tussen 2012-2015 aangemeld is. Dit word gevolg deur Otjozondjupa met 58 gevalle, Omaheke 48, Omusati 42, Kavango-Oos en -Wes 36 en en Oshikoto 16 gevalle. Uerikua sê aan Kosmos 94.1 Nuus onwettige omheinings ruk hand-uit.