Benin se artefakte uit Londen terugbesorg

Die Horniman-museum in Londen gaan artefakte wat in die 19de eeu in die Koninkryk van Benin geplunder is, aan Nigerië terugbesorg. Dit volg na ‘n versoek deur Nigerië se Nasionale Kommissie vir Museums en Monumente in Januarie vanjaar. Die 72 voorwerpe sluit in twee kopergedenkplate bekend as Benin Bronsstukke, ‘n koperhaan en ‘n sleutel tot die koning se paleis. Die Britse Museum hou die wêreld se grootste versameling Benin Bronsstrukke.