Onbemande voertuig gaan besoedelingsbronne in SA identifiseer

‘n Nuwe ondersoek van die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Amit Mishra sal binnekort projek SMARTPOL aanpak wat besoedelingsbronne in Suid-Afrikaanse gebiedswater sal identifiseer deur metodes wat nog nooit voorheen gesien is nie. Mishra sê hulle beplan om ‘n onbemande vaartuig met sensors uit te stuur om die kusgebied voortdurend te navigeer om die data in te samel. Hulle beplan ook om afstandbeheerde sensors soos radar-satelliete in te span om besoedelaars in kuswater op te spoor.