Ethiopian Airlines hervat Namibiese roete

Ethiopian Airlines wat hul Namibiese kantore in Windhoek tydens die Covid-pandemie toegemaak het, gaan hul vlugte na Namibië en ander Afrikalande hervat. Volgens ‘n verklaring van die lugredery word ‘n negatiewe Covid-sertifikaat, nie ouer as twee dae nie, van passasiers verwag. Joseph Kafunda, Namibiese toergids en koördineerder van die Walk for Love Africa-projek wat lugvaart, reis, toerisme en gasvryheid in Afrika bevorder, sê dit is baie goeie nuus.