Britse regering gee noodbefondsing aan Afghanistan

Die Britse regering het meer as twee miljard Namibiese dollar se noodbefondsing aan Afghanistan beloof, wat in die greep van ‘n reuse-hongersnood is. Dit volg op verslae van miljoene kinders in die Asiatiese land wat ‘n uiterste gebrek aan kos het. Mense verkoop selfs hulle organe in ‘n poging om geld vir kos te kry. ‘n Voormalige ondersekretaris-generaal van die Verenigde State, barones Amos, het gesê tot drie miljoen kinders sal teen Maart ernstige wanvoeding in die gesig staar en tot ‘n miljoen van hulle kan sterf.