Onbekend of Bester, die Facebook-verkragter dood is of nie

Die Departement van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika sê hy kan nie enige gevolgtrekkings maak oor of die berugte Facebook-verkragter, Thabo Bester, dood of lewendig is nie. Die departement het verlede jaar aangekondig Bester het in sy sel in die Mangaung-privaatgevangenis in die Vrystaat doodgebrand. Maar onlangse foto’s op sosiale media toon ‘n man wat net soos Bester lyk. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hulle kan nie kommentaar lewer nie want die ondersoek is steeds aan die gang: