Mosie van wantroue teen Macron en kie

Die Franse regering staar vandag ‘n mosie van wantroue in die gesig nadat President Emmanuel Macron ‘n ongewilde besluit oor die pensioenouderdom deurgevoer het sonder dat die parlement daaroor gestem het. Daar word berig opposisiepartye se leiers het twee mosies van wantroue ingedien omdat die regering omstrede uitvoerende magte gebruik het om die ouderdom vir staatspensioen van 62  na 64 op te skuif. Meer as 160 mense is gister in Frankryk in hegtenis geneem na drie agtereenvolgende nagte se betogings in die strate oor dié veranderinge.