Schlettwein is in New York vir VN-waterkonferensie

Namibië neem deel aan die Verenigde Nasies se 2023 Waterkonferensie in New York. Die byeenkoms is deel van ‘n groter hersiening vir die implementering van water en sanitasie doelwitte tot en met 2028. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê die Namibiese afvaardiging word gelei deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila saam met minister Schlettwein. Die twee het reeds Sondag vertrek. Verskeie senior amptenare, wat die bekende dr. Elijah Ngurare en Maria Amakali insluit, vergesel die eerste minister en die minister. Namibië se watervoorsiening was die afgelope tyd in die nuus en Schlettwein het weer ‘n beroep op alle betrokke sektore gedoen om samewerking te versterk om te verseker dat waterbronne volhoubaar en veilig benut word.