Onafhanklike paneel sal mosie beoordeel vir verwydering van Ramaphosa

‘n Onafhanklike paneel sal ‘n parlementêre mosie vir die verwydering van Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa beoordeel. ‘n Woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die president van die ATM, Vuyo Zungula, het ‘n voorgestelde mosie by die speaker ingedien waarin die parlement versoek word om ‘n ondersoek in te stel na die verwydering van Ramaphosa uit sy amp. Mothapo sê die onafhanklike paneel sal ‘n voorlopige beoordeling van die voorgestelde mosie doen en binne 30 dae ‘n aanbeveling aan die speaker maak.