Keetmanshoop kry gratis Wi-Fi vir ‘n maand

Die Keetmanshoop-munisipaliteit het ’n vennootskap met Leo Canopus aangegaan wat gratis Wi-Fi aan inwoners sal verseker. Luidens ‘n verklaring van die munisipaliteit, sal die gemeenskap van Keetmanshoop teen einde Augustus die gratis Wi-Fi kan begin gebruik. Keetmanshoop-inwoners sal vir een maand onbeperkte gratis toegang tot Wi-Fi hê en sal dan elkeen 1 GB komplimentêre data per toestel per maand ontvang. Keetmanshoop-munisipaliteit se woordvoerder, Dawn Kruger gesels met Kosmos 94.1 Nuus.