Omusati, Khomas wen Nedbank Namibian Newspaper Cup

Die Omusati-streek het as die sokker-wenners van die gewilde onder-20 Nedbank Namibian Newspaper Cup in Gobabis uit die stryd getree. Omusati het Kavango-Oos met 3-1 in ‘n strafdoelstryd geklop, nadat die telling in die finaal 0-elk was. In die netbal-afdeling het die Khomas-streek die wennerstrofee behou na ‘n oorheersende oorwinning van 47-25 oor ‘n geesdriftige Oshana. Die sokkerspeler van die toernooi was Teofelus Hamukwaya van Omusati, terwyl Johanna Hashipala van Oshana as die netbalspeler van die toernooi aangewys is.