Hardap, Suide se damme kry water!

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 29,8 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 5,3 persent na ‘n klein invloei. Swakoppoort staan op 24,25 persent en die Omatako het 0,6 persent water. In die Suide is Hardap op 12,2 persent na ‘n invloei van 1,6 miljoen kubieke meter oor die naweek. Naute by Keetmanshoop is op 40 persent na ‘n invloei van 7,2 miljoen kubieke meter en die Oanobdam by Rehoboth het 44,3 persent water na ‘n invloei van 0,6 miljoen kubieke meter. Die Ooste se totale bronne is op 3,2 persent met die Otjiverodam op 4,5 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 4,5 en 5,4 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 36,3 persent.