Leer kinders oor trauma vir beter genesing

Trauma by kinders kan verskeie oorsake hê. Die erns van die trauma en die ouderdom van die kind, kan beïnvloed hoe dit hulle raak. Kinders wat komplekse trauma ervaar, soos herhaalde of langdurige blootstelling aan mishandeling of verwaarlosing, kan meer ernstige en langdurige gevolge hê. Met ondersteuning en behandeling kan kinders van trauma genees en in gesonde volwassenes ontwikkel. Volgens plaaslike sielkundige Anna Wucher moet kinders egter op ’n jong ouderdom oor trauma geleer word, in plaas daarvan om as volwassenes daarvan te genees.