Omikron: al daal beskerming, is inenting steeds belangrik

Die Progressiewe Gesondheidsforum in Suid-Afrika se voorsitter, Aslam Dasoo, sê inenting is die doeltreffendste maatreël in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Navorsing het bevind die doeltreffendheid van die dubbele Pfizer-entstof het afgeneem van 80 persent in die Delta-vlaag tot 33 persent vir Omikron. Doeltreffendheid teen komplikasies en toelating in hospitale het afgeneem van 93 persent in die Delta-vlaag tot 70 persent vir Omikron. Dasoo sê die nuwe navorsing behoort nie by te dra tot huiwering om ingeënt te word nie: