Toyota stel 15 elektriese konsepte bekend

Toyota se uitvoerende hoof, Akio Toyoda, sê die maatskappy is steeds ten gunste van ‘n veelvoudige koolstofverminderingstrategie wat ook hibriede motors en waterstof-aangedrewe voertuie insluit. Die Japanese voertuigvervaardiger het gister 15 konsepte bekend gemaak van Toyota- en Lexus-voertuie, insluitend sedans en sportnutsvoertuie, wat ten volle elektries is. Toyoda sê buiten elektriese voertuie, ontwikkel Toyota ook binnebrand-enjins wat op waterstof-brandstof loop. Hy sê dié tegnologie kan bydra om sommige van Japan se 5,5-miljoen poste in die motorbedryf te red.