SA is vasberade vir vrede in Mosambiek

Suid-Afrika bly vasberade om Mosambiek te help om vrede te bewerkstellig. Die minister van internasionale betrekkinge Naledi Pandor sê die land is baie bekommerd oor die toestand in Cabo Delgado, waar Mosambiek te doen het met ‘n opstand. Die Suider-Afrikaanse Ontwkkelingsgemeenskap het sy missie uitgebrei om bestendigheid te help herstel in die gebied, wat gebuk gaan onder geweldadige ekstremisme en terrorisme. Pandor sê die streek se onmiddellike prioriteit is om ontheemde mense te hervestig: