Omgewingsministerie: Maatreëls teen veldbrande dringend

Die verwoestende veldbrande regoor Namibië is tot groot kommer van die omgewingsministerie. Die ministerie wil graag hê dat boere en private grondeienaars voorkomende maatreëls in plek hê. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die maatreëls om veldbrande te voorkom, moet as ‘n saak van dringendheid beskou word.