Namibiese Studentefonds weer in die kollig

Tydens ‘n bespreking op die inligtingsministerie se sosialemediaplatform, was die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, NSFAF, weer in die kollig. Die waarnemende uitvoerende hoof van die fonds, Kennedy Kandume, het gesê dat die meeste Namibiërs, veral studente, nie verstaan dat ‘n studentelening terugbetaal moet word nie. Die fonds het weer die middelpunt van besprekings geword met die kwessie oor studente-terugbetalings lank geneem het om te prosesseer. Kandume het verduidelik dat dit ‘n wentelfonds is wat tussen studente moet sirkuleer.