Landboukenner sê Namibiese landbouministerie help mielieboere

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, is in die Nasionale Vergadering gevra hoe sy ministerie plaaslike mielieboere help. In sy antwoord sê die minister sy ministerie voer verskeie programme en projekte uit en lewer dienste aan gewasprodusente om voedselproduksie te verhoog. Die programme behels onder meer die Groenskema en Droëlandgewasproduksie, asook uitbreidings- en navorsingsdienste om landbouproduksie te verbeter in terme van die hoeveelheid en kwaliteit van die produk, en opbrengs per hektaar. Ian Collard, uitvoerende hoof van Namib Mills, het gesê die regering help boere, veral in die kommunale gebiede.