Omgewingskenners kritiseer suiwelboere oor uitlating van metaan, stikstof

Omgewingskenners in die landbousektor kritiseer suiwelboere oor die uitlating van groot hoeveelhede metaan en stikstof wat klimaatsverandering versnel. Internasionale nuusagentskappe berig ‘n nuwe AgriCarbon-skema word in Suid-Afrika getoets. Veertig suiwelplase het internasionaal-erkende koolstof-programme, waaronder die Lancewood-suiwelplaas AgriCarbon-program, wat getoets word deur die Klimaatneutrale Groep. Die eienaar van Lancewood, Mark Rubin, sê minimale omploeëry en die vermindering van die stikstof in die grond van die plaas in Sedgefield in die Wes-Kaap het koste vir die plaas verminder.