Noorde-dorpe se inwoners skuld dorpsrade groot

Inwoners en besigheids-eienaars skuld die Ongwediva-dorpsraad 61,8 miljoen Namibiese dollar vir water, tariewe en belasting, het die waarnemende uitvoerende hoof, Immanuel Nakale, tydens die voorlegging van hul kwartaallikse finansiële begroting gesê. Hy sê voor die Covid-pandemie was skuld onder 40 miljoen dollar. Nóg ‘n Noorde-dorp, Oshakati gaan Maandag begin om dienste af te sny weens skuld van meer as 80 miljoen dollar. Inwoners moet hul rekeninge teen môre vereffen. Die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad Jackson Muma verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hul strategie om skuld in te samel.