Omgewingskenner oor die gevare van myn-eksplorasies

‘n Omgewingskenner het gereageer oor die gevare van myn-eksplorasies. ‘n Vergadering oor die omgewingsimpakstudie van die Russiese maatskappy Uranium One, wat deel vorm van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom, en onder die plaaslike vaandel van Headspring Investments, uraan by Leonardville wil ontgin, vind eerskomende Dinsdag in die Leonardville Boereverenigingsaal plaas. Boere in die omgewing, asook van Dordabis, Blumfelde, Nina en Tsumis word uitgenooi na die vergadering om hulle menings te lig. Die Suid-Afrikaanse omgewingskenner, Mariette Liefferink, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die gevare van sulke eksplorasies.