Zuma glo terug in Nkandla

Verskeie bronne berig die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma is terug in Nkandla in KwaZulu-Natal nadat hy uit die hospitaal ontslaan is. Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, het vroeër vandeesmaand toestemming vir Zuma se mediese parool gegee. Hy het net minder as twee maande van sy tronkstraf vir minagting van die hof uitgedien. Zuma het die Konstitusionele Hof se beslissing dat hy voor die staatskapingskommissie moet getuig, ignoreer.