Die Springbokke en die All Blacks pak mekaar vanoggend

Rugby: Die Springbokkaptein Siya Kolisi sê hulle gaan vanoggend op hulle eie wedstrydplan in die langverwagte Kampioenskap-stryd teen die All Blacks konsentreer. Kolisi ontken enige spesiale planne om die bedreiging van Nieu-Seelanders af te weer, en het beter gehalte spel beloof as wat in die opeenvolgende nederlae teen Australië te sien was. Vandag se wedstryd word in die dorp Townsville in Australië gespeel en dis die honderdste wedstryd wat die Bokke en die All Blacks teen mekaar speel. Spel begin net na nege Namibiese tyd vanoggend.